Brigitte Bardot | |
Geboorte | 28 September 1934 Parys, Île-de-France |
---|---|
Nasionaliteit | Frankryk |
Beroep(e) | Aktrise Sangeres Aktivis |
Aktiewe jare | 1952–1973 |
Brigitte Bardot (* 28 September 1934 in Parys) is 'n Franse aktrise, fotomodel en sangeres. Sy het in die vyftiger- en sestigerjare internasionaal bekendheid verwerf as 'n sekssimbool en vinnig 'n legende geword. Van die flieks waarin sy te sien was, is: And God Created Woman en Contempt.[1]
Nadat sy haar in die sewentigerjare aan die rolprentbedryf onttrek het, verwerf sy bekendheid as 'n politieke aktivis vir diereregte. Haar uitlatings oor immigrasie, Islam in Frankryk, rasvermenging en homoseksualiteit is steeds omstrede. Sy is een van die bekendste ondersteuners van Frankryk se Front National party.